eensaam. Ek drink en rook nie en hou gladnie van klubs met harde geraas nie. Was 'n Springbok skut en het my lewe verby geskiet,
tot 2 November 2019. My trek was gelaai op 'n sleepwa oppad van Klerksdorp na Pretoria. Nog in Klerksdorp, het die aste van die
sleepwa afgebreek en die sleepwa gerol. Toe ek daar aankom en die skade sien het ek dit heeltemal verloor.
In Desember het ek
by vriende wat by Harties gekamp het gaan kuier en toe Chris(toe nog tussesn 2 en 3) uitbundig lag het ek besluit ek gaan my lewe
verander en meer tyd en aandag gee aan dit wat vir my lekker is saammet die wat vir my waarde het.
Dit was die einde van
sportskiet en die begin van meer gereeld uitgaan en tyd saammet my vriende spandeer.